![]() |
Anansi Park |
![]() |
|
![]() |
![]() |
||
July 2008 Anansi Office Park opens (English / Afrikaans) Anansi Office Park, a new development of retail and office space in the heart of Durbanville, was officially opened to the public on 21 July. The building, which has attracted much interest from both public and business, and houses an enviable tenant mix, reflects and complements the architectural heritage of Durbanville. According to Andre Conradie, a partner at developers Anansi Investment Trust, his partners Mariaan Conradie and Lydia Snyman gave him free reign to develop the site subject to only one condition - that the end result had to be attractive. Conradie wanted the development to complement Durbanville’s original buildings, and Gordon’s Bay architect Jacques du Toit was appointed for the job. Du Toit studied the town’s existing old buildings, as well as photos of original buildings that have since been demolished, and largely used the architectural design of the Kings and Queens Cottages in Church Street as a frame of reference. Brothers Anton and Adriaan Heydenrych, the appointed builders and project managers, began work on the site in September 2007. Quality was the primary consideration throughout the project with only the best and most durable materials being used. Attempts were also made to retain as much of the original building as possible. In the restaurant section, for instance, much of the original wood was reused. In addition, Conradie says new sections of the building were built on top of the original foundations where possible. Conradie is hugely excited about the great combination of tenants, which
range from retail to professional services and includes a restaurant.
The building is almost fully let with only two retail spaces remaining.
Toe Andre Conradie vir sy mede vennote, Mariaan Conradie en Lydia Snyman, noem dat hy dit oorweeg om die perseel te ontwikkel, het hulle vir hom vrye teuels gegee. “Jy kan doen wat jy wil solank dit net mooi is.” En mooi is dit beslis. Conradie wou ‘n gebou die lig laat sien wat die ou geboue in Durbanville komplementeer. Vir die doel het hy ‘n tekenaar van Gordonsbaai, Jacques du Toit, opdrag gegee om ‘n studie te maak van die ou geboue wat nog bestaan en hy het ook fotos bestudeer van geboue wat reeds gesloop is. Du Toit het veral die boustyl van die Kings en die Queens Cottages in Kerkstraat as verwysingsraamwerk gebruik. Conradie sê dat hy baie tevrede is met die verloop van die proses. Vanuit die staanspoor het hy baie goeie samewerking en ondersteuning van al die rolspelers ontvang en geen persoon of instansie het op enige stadium teen die voorgestelde ontwikkeling beswaar gemaak nie. Daar is in September 2007 met die bouwerk begin. Die broers Anton en Adriaan Heydenrych is as projekbestuurders ingespan en Conradie is daarvan oortuig dat hy nie sommer ‘n beter span kon kontrakteer nie. Vanuit die staanspoor was kwaliteit eerste gestel. Daar is ook gepoog om baie van die oorspronklike gebou weer terug te plaas in die nuwe gebou. In die restaurantgedeelte is daar byvoorbeeld baie van die hout weer gebruik. Volgens Conradie het hy ook nie die ou gebou heeltemal gesloop nie maar bo op dit gebou. Die Anansi gebou wat sopas sy deure oopgemaak het, kry baie lof uit alle oorde vir die waarde wat dit tot Durbanville toevoeg en dit is beslis een van die aantreklikste geboue in die omgewing. Conradie sê hy is ook baie opgewonde oor die goeie mengsel van huurders en die publiek kan dit gerus oorweeg om hulle goed te ondersteun. Die volgende huurders het die gebou betrek: Daar is slegs twee handelspersele nog beskikbaar vir verhuring. |
|||
© 2008 - 2011 www.anansipark.co.za Designed and hosted by 21 Digital Web Solutions |
|||